Meer oor My Besigheid

My Besigheid beoog om ‘n een stop te wees vir al jou besigheid en bemarking administrasie, sodat jy kan fokus op dit wat jy ken en van hou. Besigheid is ons passie en ons streef daarna om entrepreneurskap te bevorder in Suid- Afrika.

Een van ons hoofdoele hier by My Besigheid is om ‘n kwaliteit diens te lewer teen ‘n tarief wat entrepreneurs aan die beginstadium van hulle besigheid kan bekostig. Ons bied ook raad aan nuwe besigheidseienaars oor hoe om self hulle besighede te laat groei om die sukses daarvan te waarborg

Hier by My Besigheid doen ons alles tot die beste van ons vermoë. Ons help mekaar, gee raad en soms ook opbouende kritiek om seker te maak die klient kry die diens en produk wat hulle verdien.

Dienste wat ons aanbied

Registrasies en ander CIPC veranderinge

Naamreserverings asook stigting van maatskappye en nie-winsgewende organisasies by CIPC. Sien Dienste blad vir meer inligting.

k

Belasting

Indiening van persoonlike belastingopgawes by SARS vir voorlopige en nie-voorlopige belastingbetalers.

Handelsmerk & Webblad Ontwerp

Grafiese Ontwerp soos handelsmerk-ontwerp, besigheidskaartjies, pamflette, ens. Ons doen ook webblad ontwerp en bou aanlyn winkels. Alles wat jy nodig het om bemarking te begin doen.

Besigheid Konsultasie & Bemarking

Nie seker hoe om die bemarking aan te vat nie? Moenie bekommerd wees nie, ons sal jou op konsultasie basis alles vertel wat jy moet weet en jou help daarmee. Ons kan selfs jou sosiale media namens jou hanteer.

Vraag en Antwoord

Ons beantwoord gereeld vrae vanaf kliënte en die wat ons dink is toepaslik word dan ook hier publiseer. Stuur gerus vir ons ‘n e-pos met jou navraag

Met watter tipe besighede werk julle?

Ons werk letterlik met enige besigheid, groot, klein, nuut of oud. Dan ook enige industrie is baie welkom om kontak te maak.

Wat is die proses?

Die klient laat ons weet wat hulle benodig, bv registrasie, handelsmerk, kaartjies en briefhoof, dan stel ons hulle spesiale pakket saam en die kwotasie word aan hulle gestuur. Wanneer ons die deposito ontvang, spring al die betrokke afdelings aan die werk om dit so spoedig moontlik klaar te maak. Finale betaling word gemaak met die ontvang van die finale produk.

Die diens wat ons by My Besigheid ontvang het was uitstekend, as ek luister na hoe ander mense gesukkel het met hulle besigheid registrasie, voel ek dankbaar ek het hulle gebruik.

CloudNest Design

Ons het ons logo en besigheidskaartjies deur My besigheid gedoen, hulle het ons so goed vasgevang op papier. Sien uit om saam met hulle aan ons webblad te werk.

De Agri Kompanje'

My Besigheid dien elke jaar my persoonlike belasting in, ontvang baie professionele diens en kry natuurlik geld terug by SARS wat my baie gelukkig maak. Beveel hulle oral aan.

Pieter Viljoen {Siviele Ingenieur}

Kontak Ons

Indien jy enige navrae het of ‘n kwotasie benodig, kontak ons gerus.

Epos  info@mybesigheid.co.za
Tel  073 044 6444
Facebook  /mybesigheid

2 + 7 =